Raak

4.33 (3)

Raak

Aug. 10, 2018 to Aug. 11, 2018
Drama
Regie: Kanya Viljoen Met: David Viviers en Anoecha Kruger
50mins

RAAK is die verhaal van ‘n oomblik tussen man en vrou. Hulle begin, en die begin van hul einde. Die stukkie garing wat stadig ontrafel, vinniger en vinniger, tot die punt waar jy nie meer daaraan kan vasklou nie. Waar begin die einde? Is dit ‘n oomblik van geweld, van weet? Of is dit iets wat ontaard uit jare se stilte, jare se sluk, se soek en staar? Is dit Raka, die ding wat binne elke mens woordeloos wag? Soos die bokkoppe wat teen die huis se muur hang? Staties. Sonder skroom. Iets oorgeërf.

Jare se verstaan en wanbestaan? Of is dit iets wat ons binne mekaar vind? ‘n Ontdekking?


"Die donker. dit wat saam met die lig gepaard gaan. Of, die ding wat dalk in onsself bly torring. Bly draai. Bly soek en krap en kou. 'n Kaak. Wat kraak elke keer as die keel vol sluk en slym is."

 

RAAK is ontwikkel in Kanya Viljoen se honneursjaar aan die Universiteit van Kaapstad. 

Die verhaal van ‘n enkele aand wat oopvlek op ‘n leeftyd tussen ‘n man en ‘n vrou. Hul begin en die begin van hul einde. Die stille geweld van ontstaan soos Raka wat aan ons bly kleef. ‘n Aanraking oorgeërf soos die bokkop teen die muur? ‘n Soeke na dit wat kon wees, ‘n jagtog na dit wat nooit was nie. ‘n Karkas wat om die kombuistafel swoeg om vleis en vel te bewaar of te laat vrot?  

Audience Responses

Leon • Attended Aug. 11, 2018, 7 p.m.
4.0

Wonderfully talented actors. A privilege to watch!

Dagmar • Attended Aug. 11, 2018, 7 p.m.
4.0

Loved it! Great acting. Need more similar productions please